Uncategorized

Meisies hou Weskus se naam hoog in toernooi | Netwerk24

Andrea Lewaks se trofee is deur die super skaak groot meester, Wesley So van die VSA, aan haar oorhandig.Foto: Twee jong meisies het ongetwyfeld die Weskus se naam hoog gehou met hul uitstekende prestasies by die Suid-Afrikaanse junior skaak­kampioenskap wat van 16 Desember tot 24 Desember in Boksburg plaasgevind het. Andrea Lewaks (6) en Jamie-Lee Mitchells (16) woon in Vredenburg. Andrea het met goud in haar afdeling weggestap en is gekroon as die o.8-meisieskampioen. Dit is die eerste keer dat die Weskus ’n nasionale kampioenskaps­titel kon verower. Andrea is ook in November verlede jaar deur die Weskus-sportraad as finalis vir die junior sportvrou van die jaar aangewys. Jamie-Lee het die brons prys gewen en sodoende derde in die o.16-kategorie geëindig. Sy het ook vroeër in 2018 haar staal gewys deur ’n plek in die Wes-Kaap se o.16-skaakspan los te speel. . Die Weskus-skaakunie benodig dringend geld om spelers te ondersteun om na die Suid-Afrikaanse junior geslote skaaktoernooi te gaan wat in Maart in Johannesburg gehou word. Potensiële borge kan André Lewaks by 081 725 9339 bel of ’n e-pos stuur na andre@genderjustice.org.za.