Magazine & Articles

Weskus maak goeie skuiwe | Netwerk24

Die bordpryswenners wat aan die Suid Afrikaanse Junior Skaak-kampioenskap deelgeneem het. Voor is Dominique Titus, Shaundre Lewaks, Shakir Kariem, Mar-Rochelle Geldenhuys, Chadley Klaaste. Agter is Jacques Basson (afrigter), Henrico Titus (spanbestuurder), Basil Ellman (hoofafrigter), Nathan Kamalie (afrigter), Sonia Lewaks (spanbestuurder) en André Lewaks (spanbestuurder).Foto: Die Weskus-skaakunie het die jaar op ’n hoogtepunt afgesluit met altesaam 27 skaakspelers wat aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap deelgeneem het. Die toernooi het van Sondag 16 Desember tot Maandag 24 Desember in Boksburg plaasgevind. Dit is die grootste getal spelers wat Weskus-skaak nóg in ’n nasionale kampioenskap verteenwoordig het. Die spelers het meegeding in die o.8-, o.10-, o.12-, o.16- en o.18-afdelings vir streekspanne. Weskus-spelers het hul staal behoorlik gewys en die Weskus o.14-span is uiteindelik as die naaswenner in sy afdeling gekroon. Verskeie spelers het ook bordpryse gewen vir die beste prestasie in hul onderskeie bordposisies. Shaundré Lewaks is aangewys as die beste o.12-speler vir bord agt en het sewe uit sewe wedstryde gewen, met Dominique Titus wat ook sewe uit sewe vir bord agt in die o.12-kategorie gewen het. Ander spelers wat bordpryse gewen het, is Chadley Klaaste in die o.18-kategorie asook Shakir Kariem, Mar-Rochelle Geldenhuys en Samisca Jordaan in die o.14-kategorie. Die Weskus-skaakunie benodig dringend geld om spelers te ondersteun om na die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Geslote Toernooi te gaan wat in Maart in Johannesburg gehou word. Potensiële borge kan André Lewaks by 081 725 9339 of per e-pos by andre@genderjustice.org.za kontak. – André Lewaks