Magazine & Articles

Plaaslike kinders maak puik skuiwe | Netwerk24

Altesaam 85 skaakspelers het hulle goed van hul taak gekwyt in die St. Helenabaai-opeskaaktoernooi wat Saterdag 9 Februarie in die plaaslike gemeenskapsaal beslis is. Volgens André Lewaks, adjunkpresident by Weskus-skaak, het die spelers in die ouderdomskategorieë o.8, o.10, o.12, o.14 en o.18 deelgeneem. “Die o.8-spelers het in die standaardskaak-afdeling met ’n tydkontrole van 30 minute elk gespeel terwyl die o.10- tot o.18-groepe met ’n tydkontrole van 45 minute en tussenposes van 15 sekondes gespeel het.” Die o.18-wenners het skitterende prestasies behaal: Elijah Richards (derde), Jamie-Lee Mitchels (eerste) en Keano Lesch (vierde). ¦Weskus-skaak nooi enige individue en maatskappye wat ’n finansiële bydrae of enige ander ondersteuning aan bogenoemde kinders asook Weskus-skaak wil bied, om André Lewaks te kontak by 081 725 9339 of andre@genderjustice.org.za.