Competition

Weskus Ope Skaak hou Weskus Ope Skaak Toernooi.

Weskus Ope Skaak hou Weskus Ope Skaak Toernooi.

Die Weskus Ope Skaak Kampioenskappe het die naweek van die 27 tot 28ste April plaasgevind.

Altesaam 127 spelers het in die kompetisie meegeding in A, B, C afdelings. Die Weskus Ope toernooi

word gekenmerk as die strafste Skaak kompetisies in die Weskus en skaak spelers van verskillende

ouderdoms groepe en ervarings vlakke ding teen mekaar mee. n Speler met n ouderdom van 7 jaar kan

in skere seksies dus teen n speler van 50 jaar oud speel. Die kompetisie vas baie sterk en spelers het van

sover as Kaapstad, Pniel en Riversdal gekom om aan hierdie Prestige Skaak Toernooi deel te neem. Die

Skaak kompetisie was met n tyd kontrole van 90 minute elk beslis met wedstryde wat solank as 3 uur

per wedstryd geduur het. Die spelers het n totaal van 5 wedstryde oor 2 dae gespeel.

Weskus Skaak kies ook hierdie week die finale groep spelers wat na die 2019 Suid Afrikaanse Junior

Skaak kampioenskappe gaan. Ouers en voornemende borge kan André Lewaks kontak by 081 725 9339

of andre@genderjustice.org.za.

Van voor links na regs: Lemeul Blankenberg (2de plek), Nicholas Nel (kampioen), Andries Ellman (3de plek)

Agter van links na regs (Lyndon Julies (President van Weskus Skaak), André Lewaks (Adjunk President van Weskus Skaak),

Basil Ellman (Provinsiale Arbiter en Hoof Afrigter van Weskus Skaak)

Voor van links na regs: Lyndon Julies (President van Weskus Skaak),Enya van Bosch (3de plek), Marco Hausiko (2de plek),

Graig Mcquire (kampioen), André Lewaks (Adjunk President van Weskus Skaak

Voor van links na regs: Chadley Klaaste (4de plek), Jamie-Lee Mitchels (3de plek), Lyndon Julies (President van Weskus Skaak),

Leatin Booys (kampioen), Jenilo Booysen (2de plek), André Lewaks (Adjunk President van Weskus Skaak

Voor van links na regs: Anne-Belle Ellman (beste meisie in A Seksie), Lyndon Julies (President van Weskus Skaak),

Kenneth Willenberg (3de plek), George Lawerlot (Kampioen), Athon Willenberg (2de plek), André Lewaks (Adjunk Presidnet van Weskus Skaak)